Loading...
076 524 1902 seasideserenitywc@gmail.com
< !-- Navbar & Hero Start -->

Inligting van Ons

Inligting van ons

Welcom by Seaside Serenity @ St. Helena Bay

Seaside Serenity is 'n knus selfsorgeenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Britannica Heights, St. Helenabaai. Dit is ideaal vir 'n paartjie.

Hierdie eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sit- en eetarea het sitplek en gratis WiFi.

Die stapeldeure lei na die privaat omheinde tuin met 'n draagbare braai en 'n gedeeltelike see- en heuwel-uitsig. Daar is 1 parkeerplek op die perseel en die verblyf is naby winkels, restaurante en kroeë.


Lees hier vir verdere inligting en foto's